Soldate Vryers (1979)
Alhoewel ons kort speelvakke in Pretoria en Johannesburg gehad het met die produksie, was dit eintlik 'n drie maande toer produksie deur die destydse Transvaal, die Vrystaat en Natal. Dit was, ten spyte van die feit dat toere oor die algmeen aaklig is, 'n baie lekker ondervinding. Eerstens moes ons nie, soos by Swaruk, elke dag ons stel self oprig en aftakel nie, dit was deur die verhoogbestuur behartig. 'n Groot pluspunt vir my wat die vorige jaar vir ses maande deur Namibië getoer het!
Dit was ook die jaar waarin "Dallas" sy verskyning gemaak het op TV en toe ons op 'n Dinsdagmiddag ons opwagting maak in Vryheid, as ek reg onthou, toe wag daar 'n Munisipale Afvaardiging (Burgermeester, Dorpsklerk en Skoolhoof) ons in voor die hotel. Sommer so voor ons nog behoorlik uit die Kombi kon klim, staan hulle nader en val met die deur by die huis in, "Goeiemiddag en welkom, kan ons asseblief vanaand se opvoering om Ses uur in plaas van Agt uur aanbied? Die kaartjies is uitverkoop maar die dorp sê hulle gaan nie opdaag as hulle "Dallas" gaan mis nie!" Toe speel ons maar Ses uur!
Ons het toe al besef dat televisie die ondergang van teater gaan bring.
Credits
Presented By: TRUK
Producers: TRUK
Directors: Dawid v.d. Merwe
Writers: George Berhard Shaw
Translated By: A.J.B. de Klerk
Actors
Elize van Vuuren
Riana Petkoff
Marie Koeleman
Catharina Petkoff
Eric Nobbs
Russiese Offisier
Amor Tredoux
Louka
Pierre van Pletzen
Kaptein Bluntschli
Dawid v.d. Merwe
Majoor Petkoff
Eric Nobbs
Nicola
Mieder Olivier
Majoor Sergius Saranoff