Welcome / Welkom
Thank you very much for visiting my website. We endeavour to make it as user friendly as possible so that you can page through it at leisure and hopefully enjoy it.
The aim of this site is not to brag but to serve as a reflection of my career. An architect can point to his buildings, bridges and stadia, a visual artist can exhibit his paintings or sculptures, things of permanence. An actor, if he has worked in the medium, can refer to his to filmography, which is permanent and can be watched at any time. It is with our stage work, which for most of us is our first love, that the problem arises. The public will maybe, if we are lucky, remember a play, have a vague idea who the director was and even remember some of the cast and what the public response was to the play. There is, however, nothing tangible, other than the odd retained old programme, to bear witness to the event. That is the true purpose of this website. To serve as record and as a way of paying homage to all the wonderful artists who shared their love and spirit with me in all these productions.
It would, however, be very boring to just travel down a very dusty road and trip out on nostalgia, so we include some photos that I take as a hobby, the odd blog post, as well as news of current and upcoming events. Enjoy it all and let me know what you think or ask the questions you’d like to ask. I will answer any and all as long as they aren’t too compromising! Oh, if any of my friends or colleagues have photos or write-ups about any of these shows please send me a copy!
This is a work in progress. We will be adding photos, reviews and anecdotes as we go along!
Baie dankie vir die besoek aan my nuwe web blad. Ons probeer om die blad so verbruikers vriendelik as moontlik te maak sodat julle, die besoekers, rustig daardeur kan blaai en dit geniet. Die doel met die blad is nie om te spog nie, maar om as ‘n refleksie van my loopbaan te dien. ‘n Argitek kan mense na sy geboue, brue of stadions toe neem , ‘n skilder of beeldhouer kan na sy werk uitstal. Vir ‘n akteur is dit maklik om te verwys na ‘n TV of film rol en dikwels is die werk nog beskikbaar om weer na te kyk. Dit is by die verhoog werk wat ons doen, en meeste van ons se eerste liefde is, waar die werklike probleem is. Die mense wat dit gesien het onthou miskien nog die verhoogstuk, so vaagweg wie die regie gedoen het en so hier en daar al die akteurs wat by die produksie betrokke was en hoe dit deur die publiek ontvang was. Daar is egter niks tasbaar, buiten ‘n program wat miskien oorleef het, om te dien as bewys van ons werk. Dít is hoofsaaklik die doel van die blad, om te dien as rekord van my en al die wonderlike kunstenaars met wie ek die verhoog gedeel het, se werk.
Dit sal egter uiters vervelig wees om net op ou stowwerige paadjies terug te loop, daarom is daar ook ‘n blog wat ek van tyd tot tyd skryf, fotos wat ek as stokperdjie neem en nuus van huidige en toekomstige produksies waarby ek betrokke is. Lees gerus, kyk na die fotos en laat weet wat julle dink of vra die vrae wat julle graag wil. As enige van my vriende of kollegas fotos of resensies het van enige van die genoemde produksies sal ek dit waardeer as julle ‘n kopie sal aanstuur!
Die blad is ‘n proses in wording. Daar sal gereeld fotos, resensies en staaltjies bygevoeg word. Geniet!