DIE KEISER (1978)

Daar sit ons toe, ek en Paul Lückhoff, in die foyer van die Breytenbach teater op 'n lekker warm Desember oggend in Pretoria en wag soos twee Standerd Ses seuns en wag vir die eerste dag van repetisies om te begin. Ons sou deur Desember werk om, as my geheue reg is, op 11 Januarie 1978 te open met Bartho Smit se splinternuwe verhoog stuk. Skielik verskyn Francois Swart, ons regiseur, en ons spring regop. "Goeiemore Mnr. Swart" sê ons soos in 'n Griekse koor. Die ding is, ons het as drama studente by die Pretoriase Techniese Kollege soweel stories van die legendariese Francois gehoor dat ons rede gehad het om uiters versigtig te wees in sy teenwoordigheid. Dit was per slot van sake ons eerste werk as professionele akteurs en ons loopbane by TRUK het van die eerste indrukke af gehang. Francois gee ons een kyk, sê "More Aspro's"en stap verby. Ek en Paul kyk vir mekaar en toe hy in die ouditorium in verdwyn sê ek vir Paul, "hy bedoel seker ons is aspirant professionele akteurtjies". Ons het Aspro's gebly tot een van die gevestigde akteur ons aangeraai het om Francois op sy naam te groet, nie 'n pyn te wees met die formele groet nie! So het ons toe elke dag daar gesit om te "look, listen and learn". Wat 'n voorreg was dit! Om as pas afgestudeerde studente saam met spelers soos Tobie Cronje, Don Lamprecht, Dawid van der Merwe, Louis Mollet-Prinsloo, Gerben Kamper en Elise Hubert, mense wat ons al in talle TRUK produksies gesien het, op dieselfde verhoog te werk was amper ongelooflik. Ek het myself elke kort-kort geknyp om seker te maak ek is wakker. Wat my altyd sal bybly is die wonderlike manier waarop hierdie klomp verhoog sterre ons laat welkom voel het in die roep, ons uitgenooi het na hulle huise vir 'n braai of sommer net te kuier en mekaar te leer ken. Dankie daarvoor! Die program notas het vir my en Paul Lückhoff omgeruil. Nie dat dit veel saak gemaak het nie. Ons rolletjies was so klein dat ‘n vriend na die openingsaand opgemerk het “Jy was ‘n PRAGTIGE blompot Nobbs!” Op 11 Januarie 2018 was ek veertig jaar in die bedryf en dit voel soms of ek nog steeds 'n blompot is! Ek het ongelukkig geen resensies of publisiteit van die produksie nie.  
Production Dates: 11 Januarie tot 26 Februarie 1978
Theater Name: Breytenbach Teater, Pretoria
Location: Pretoria, Johannesburg
Genres: Drama

Credits

Presented By: TRUK
Producers: Francois Swart
Directors: Francois Swart
Writers: Bartho Smit
Actors
Don Lamprecht
Keiser
Louise Mollet-Prinsloo
Keiserin
Tobie Cronje
Kultuur
Dawid v.d. Merwe
Veldmaarskalk
Pierre van Pletzen
Diplomaat
Gerben Kamper
Hofnar
Eric Nobbs
Wag
Paul Luckhoff
Wag
Phillip Swart
Kamerheer
Etienne Puren
Wewer
Elise Hubert
Tiengelieng
Eric Nobbs
Kim, rebelle soldaat
Nic van Rensburg
Nog 'n soldaat
Production Dates: 11 Januarie tot 26 Februarie 1978
Theater Name: Breytenbach Teater, Pretoria
Location: Pretoria, Johannesburg
Genres: Drama