Pavane (1980)

Dit was 'n produksie wat ek altyd sal onthou vir vele ander redes as net die lekker groep spelers en die werk saam met Francois Swart. Ons was seker stout (party sal seker sê ongedissiplineerd) maar daar het soveel snaakse goed in die produksie gebeur.  Amor Tredoux, wat die non Suster Teresa gespeel het, het een aand, toe sy soos gewoonlik die trappe op loop en prewel, onbewus haar kostuum se soom vas getrap en aanhou klim en ons sien hoe word sy al hoe korter tot sy nie verder kon gaan nie - en daar sit sy op die trap. Kan nie roer nie anders val sy agteroor die trap af - ons giggel so dat ons haar nie kon help nie. As ek reg onthou het Don Lamprecht op die ou end trap op gehardloop en haar gaan help. 'n Ander aand het Christine Basson soos gewoonlik gekookte eiers, tamatie wiggies, kaas en brood gegee vir "aandete" maar die verhoog bestuur was duidelik nie die aand lus om met die eiers te sukkel nie. Toe ek myne byt, spat die geel met 'n boog oor die tafel en op my klere tot groot vermaak van die ander spelers. Op 'n ander aand, en miskien kan At Botha my hier help want ek onthou nie meer so goed nie, maar my karakter moes sy karakter dood skiet met 'n outomatiese geweer. Die werk toe nie en ek haal my rewolwer uit wat ek juis vir sulke geleenthede saam gedra het, uit en skiet daarmee op At. Die werk toe ook nie! Toe verwurg At maar homself want dood moes hy dood!  
Theater Name: Breytenbach Teater, Pretoria; Alexander Theatre, Braamfontein
Location: Pretoria, Johannesburg
Languages: Afrikaans
Genres: Drama

Credits

Presented By: TRUK
Producers: TRUK
Directors: Francois Swart
Writers: André P. Brink
Actors
Inwoners van die klooster
Don Lamprecht
José
Christine Basson
Maria-Carmen
Amor Tredoux
Suster Teresa
Rika Sennet
Ontvoerde Ambassadeurs dogter
Terroriste
At Botha
Mario
Eric Nobbs
Miguel
Gerben Kamper
Antonio
Ben Kruger
Pepe
Gallery
  • Pavane Review
  • Pavane Resensie
  • Pavane Resensie 2
  • Pavane Pers vrystelling
  • 5. Miguel in Pavane
Theater Name: Breytenbach Teater, Pretoria; Alexander Theatre, Braamfontein
Location: Pretoria, Johannesburg
Languages: Afrikaans
Genres: Drama