Germanicus (Unknown)
Germanicus was die produksie waarmee die splinter nuwe Staatsteater in Pretoria geopen is. Dit het patry dae gevoel of die hele land se akteurs daarin gespeel het! Saam met die ekstras, as ek reg onthou, was daar omtrent sewentig kunstenaars betrokke. Soos met alle nuwe teaters het dit bloedsweet gekos om die produksie op die planke te kry - laaang ure van repetisies, nog langer sweet aan die tegniese en kleedrepetisies. Die gemoedere het soms baie hoog geloop!
So sit ons die aand met ons finale kleed repetisie, na 'n marathon nota sessie van twee ure en nog twee en 'n half ure se klas in projeksie in so 'n groot auditorium deur ons regiseur, Francois Swart, om vier uur die oggend in die agter-verhoog se gang rond met ons Romeinse soldate rokkies aan, wagtend op die woord dat ons maar mag verdaag. Ons werk toe al van 14:00 die vorige dag af, moeg moedeloos en gatvol. Iemand maak 'n opmerking oor die onregverdigheid van die lewe net toe Billy Egan die gang af kom in sy monnikspy, sigarette in die een hand en teks in die ander en ewe droog opmerk, "Waak teen bitterheid susters, waak teen bitterheid!"
Ongelukkig het my program van die produksie verlore geraak en kan ek dus nie die rolverdeling plaas nie. As die wat ek vergeet my sal vergewe, plaas ek die name van die spelers wat ek kan onthou: Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Louis van Niekerk, Anna Neethling-Pohl, Louw Verwey, Wilna Snyman, Franz Marx, Carel Trichardt, Pierre van Pletzen, Eric Nobbs Billy Egan en andere.
Dit was 'n voorreg om deel te wees van die produksie!
Credits
Presented By: TRUK
Producers: TRUK
Directors: Francois Swart
Writers: N.P. van Wyk Louw
Gallery
Germanicus Foto
Germanicus Resensie
Germanicus Resensie 2