Die Verhoor (1980)
Ek werk vir die eerste keer sedert Die Keiser weer saam met Francois Swart en die keer aan 'n heelwat groter rol. Wat 'n uitdaging! Francois het jou gedruk en ek wil amper sê gemaal tot hy tevrede was met jou vertolking. Dit was dikwels 'n pynlike proses, maar as jy vas gebyt en volhard het, kon jy altyd trots wees op die eind resultaat. En jare later besef hoeveel jy by hom geleer het, dat elke skermutseling en elke druppel sweet die moeite werd was.
Ek is vandag nog trots op die produksie met puik vertolkings deur Louis van Niekerk, Don Lamprecht, Wilna Stockenström en al die ander akteurs. Weereens was daar blanke akteurs wat "bruin" rolle gespeel het. 'n Bekende kuns publikasie van die tyd het selfs 'n foto van 'n "bruin" Pierre van Pletzen geplaas as bewys dat daar veelrassigheid in SA toneel bestaan.
Verskoon tog die onderstreepte deeltjie in die resensie, ek was nog baie jonk en onskuldig!
Credits
Presented By: TRUK
Producers: Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (TRUK)
Directors: Francois Swart
Writers: André P. Brink
Actors
Don Lamprecht
Andries Stockenström
Ronnie Belcher
Sekretaris
Louis van Niekerk
Frederik Bezuidenhout
Pierre van Pletzen
Booi
Christo Gerlach
Jacob Erasmus
Gerben Kamper
Hans
Richard v.d. Westhuizen
Johannes Londt
At Botha
Flip Opperman
Eric Nobbs
Kerneels Olivier
Riana Wilkens
Jeanette
Wilna Stockenström
Anna
William Egan
Lord Charles Somerset