Donkerland (1996)

(Role: Veelvuldige rolle)
Deon Opperman se epiese drama oor die Afrikaner se reis van 1820 tot 1996. Die produksie was om vele redes uitsonderlik. Eerstens is dit 5 ure lank en in twee dele opgevoer met 'n uur pouse tussen in. Ons het net 4 weke daaraan gerepeteer en deurgaans gewonder, sal dit werk? Sal die teater publiek bereid wees om so 'n lang tydperk  aan een drama af te staan? Toe ons met ons eerste optrede, KKNK 1996, na die voltooing van die eerste gedeelte van die verhoog af stap het ons almal gewonder hoeveel van die vol gepakte saal na middagete sou terug keer. Wel, almal het, elke liewe een, en aan die einde van die stuk ons staande met stande toegejuiging bedank. Die beste het egter nog voor gelê.  Na ons verklee het en by die teater wou uitstap, het bykans die hele gehoor buite vir ons gestaan en wag. Om geluk te wens, vrae te vra. Ongelooflik, iets wat nie een van ons ooit sl vergeet nie.è
Donkerland
Theater Name: SANW, Staatsteater, o.a.
Languages: Afrikaans

Credits

Presented By: Other
Presented By: ATKV, KKNK, Nasionale Pers, Standard Bank Nasionale Kunstefees, TRUK
Producers: ATKV, KKNK, Nasionale Pers, Standard Bank Nasionale Kunstefees, TRuk
Directors: Deon Opperman
Writers: Deon Opperman
Actors
Al die spelers het veelvuldige rolle vertolk, dus net die spelers lys:
Eric Nobbs
Andrè Odendaal
Petru Wessels
Hannes Muller
David Clatworthy
Samson Khumalo
Petro-Nelise Trichardt
Seipati Montsho
Shadrack Keorapetse
Nomhle Nkunyani
Retief Lubbe
Donkerland
Theater Name: SANW, Staatsteater, o.a.
Languages: Afrikaans